Aand vir manne verras

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Vrydagaand 15 Junie ʼn “Manne-aand” by die skool se lapa gehou en volgens die manne wat dit bygewoon het was dit ʼn reuse sukses.

Pa en seuns – Thys Eloff met Arendt en Thys

Pa’s en seuns het die geleentheid gebruik om kwaliteittyd saam te spandeer.

Die gaste is vermaak deur Pieter Smith en die groep “Serenity”.

Die gaste was verras toe hulle besef die skoolhoof, Adriaan Joubert, het vele ander talente. Hy het gesing, items opgeveil, grappies vertel en die gaste gou welkom en gemaklik laat voel. Een van die gaste het opgemerk dat Joubert inderdaad “die volle pakket” is.

Die doel van manne-aand was om geld in te samel vir die PT van Staden-gimnasium wat reeds tot volle potensiaal deur sportspanne gebruik word.

Joubert het deur die loop van die aand twee spesiale bedankings gedoen – Derick Olivier is van harte bedank vir die organisering van ʼn suksesvolle Interhoër 2018 en PT van Staden is bedank vir die organisering van die kos tydens die Interhoër en omdat hy die voortou geneem het om die gimnasium te laat realiseer. Die gimnasium sal voortaan bekendstaan as die PT van Staden-gimnasium.

Verskeie items is opgeveil waaronder wildkarkasse, ’n jagpakket vir twee pa’s en seuns, skilderye, 200 jagmesse en boonop ʼn ruiker.

Die gaste het gesmul aan heerlike spitgebraaide wildsvleis, vark en boerbok.

Joubert bedank me C du Preez vir haar harde werk met die reël van die funksie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.