Aardbewing of verbeelding?

Was dit regtig ʼn aardbewing of verbeelding?

ʼn Ligte aardbewing met ʼn omvang van 2.5 ongeveer 41 km wes van Lephalale in die Steenbokpanarea het inwoners Sondag 7 Julie om 06:14:23 aan die praat gehad.

Mogol Pos het navraag gedoen by die Raad vir Geowetenskap in Silverton, Pretoria. Volgens hulle was die geskatte diepte sowat 10 km en is daar dus geen rede tot kommer nie.

Sover vasgestel kon word, is geen skade aangerig nie en van die mense wat in daardie omgewing bly, sê dit het dieselfde geklink soos wanneer myne dinamiet skiet in die omgewing.

Vir meer inligting oor aardbewings in Suid-Afrika, gaan loer gerus by www.geoschience.org.za.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.