ATKV redenaars

JP van Staden, Nathalie Perrier, Lerato Ditsela en Murangi Sithari

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se redenaars het Vrydag 5 Mei aan die eerste ATKV-uitdunrondte in Mookgophong (Naboomspruit) deelgeneem.
Die leerders wat deurgedring het in die kategorie Afrikaans Huistaal Onvoorbereid: Nathalie Perrier (senior) en JP van Staden (junior). Nathalie se onderwerp was “Moet Engels die enigste regstaal in die howe wees?”
JP se onderwerp was “Moet bloktyd gedurende die eksamen ingestel word?” Twee leerders het deurgedring in die Onvoorbereide afdeling vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Senior Lerato Ditsela en Junior Murangi Sithari. Murangi se onderwerp was “Kinders lees nie genoeg nie” en Lerato se onderwerp was “Eenvormige skoolklere moet ingestel word.”
Hierdie leerders kry ‘n onderwerp en bronne om te bestudeer in ‘n gegewe tyd en skryf dan ‘n toespraak wat hulle moet lewer.
Die seniors wat deurdring is Leandri van Deventer en Nathalie Perrier. Hulle onderwerp is: “Gratis tersiêre onderrig in Suid-Afrika sal gelykheid bevorder”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.