Ballet-skouspel

LEPHALALE — Wilma Swart Balletstudio het vanjaar weer afgesluit met ʼn balletkonsert wat onlangs by Mogolklub gehou is.
Wilma, eienaar van die studio, sê vanjaar se konsert was ʼn verskeidenheidskonsert waaraan sowat 96 kinders tussen die ouderdomme van drie en veertien deelgeneem het.
Sy sê ook sy is baie trots om te kan sê dat elke kind die evaluering en eksamens in Augustus geslaag het. ʼn 100% slaagsyfer!
Volgens Helene Alberts, een van die ma’s, is dit elke jaar vir ouers en kinders ʼn hoogtepunt om te kan terugsit en die resultate van ʼn jaar se harde werk te geniet.
Elke dogter se balletjaar is afgesluit met ʼn geskenk en sertifikaat.
“Baie dankie Wilma vir jou toewyding, passie en liefde vir ons kinders.”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.