Beloon vir harde werk — EHS Lourierfunksie

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se jaarlikse Akademiese Lourierfunksie vir graad 8-11 is Donderdagaand 24 Januarie gehou. Die doel van dié prestige geleentheid is om almal te beloon wat reg deur die jaar hard gewerk het.

Die beste leerders in elke graadgroep is aangewys, naamlik Jackie Roos (graad 8) en Janco von Rönge (graad 9) het elkeen 20 toekennings ontvang en Murangi Sithari (graad 10) en Joey Vorster (graad 11) het elk 22 toekennings ontvang.

Dié leerders was almal vir vier kwartale deel van die top-10-presteerders in hulle jaargroep.

Jacki Roos behaal onderskeidings in Afrikaans Huistaal 82,1%, English First Additional Language (FAL) 83%, Geografie 83%, Geskiedenis 91%, Lewenswetenskap 91%, Fisiese Wetenskap 80%, Skeppende Kuns 98%, Tegnologie 93%, Wiskunde 89% en Ekonomiese Bestuurswetenskappe (EBW) 84%. Sy behaal ook die beste vakprestasies in Fisiese Wetenskap, Afrikaans Huistaal, Geografie, Geskiedenis, Lewenswetenskap en Skeppende Kuns. Haar gemiddeld is 86.7%. Janco von Rönge het onderskeidings in Afrikaans Huistaal 91%, English FAL 91%, EBW 90%, IT 94%, Geografie 84, Geskiedenis 89%, Lewenswetenskap 90%, Fisiese Wetenskap 94%, Skeppende Kuns 97%, Tegnologie 92% en Wiskunde 92%. Hy is die beste leerder in Afrikaans Huistaal, English FAL, Geskiedenis, Lewenswetenskap en EBW. Sy gemiddeld is 91,8%.

Murangi Sithari is the best learner in Grade 10 with 22 awards: English Home Language 88%, Afrikaans FAL 85%, Physical Science 92%, Information Technology (IT) 91%, Accounting 92%, Maths 88% and Advanced Maths 84%. She was the best learner in the following subjects: Physical Science, IT, Accounting, Maths, Afrikaans FAL, English Home Language and Advanced Maths. Her average for the year is 89.3%. She was one of the top ten learners for all four terms.

Joey Vorster is die beste leerder in graad 11 en sy verwerf onderskeidings in: Afrikaans Huistaal 84%, English FAL 82% Fisiese Wetenskap 92%, Ingenieursgrafika en ontwerp (IGO) 90%, Rekeningkunde 86% en Wiskunde 86%. Sy is die beste leerder in Afrikaans Huistaal, Fisiese Wetenskap, IGO, Rekeningkunde en Wiskunde. Haar gemiddeld is 86.7%.

Opsommend behaal die graad 8-leerders 120 toekennings, die graad 9’s ontvang 170 toekennings, die graad 10’s ontvang 104 en graad 11’s ontvang 101 toekennings.

In totaal het 495 leerders Donderdagaand toekennings ontvang.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.