Ben begin trap vir goeie doel

Ben net voor hy begin trap het


LEPHALALE — Ben Nortjé (38) het Vrydag 11 Oktober om 08:00 vanaf die Lephalale Mall met sy fiets vertrek op ’n fietsrit na Upington. ’n Hele 1 000 km per fiets.

 Mogol Pos het in die 30 Augustus-uitgawe vanjaar op die agterblad berig oor Ben se passie en waarom hy die lang pad op sy fiets aanpak. Hy beplan om tussen 120 en 150 km per dag, sonder enige ondersteuning of bystand en so na as moontlik aan die grens van Suid-Afrika, te ry – dus meesal grondpad.
 Die doel van dié rit is om broodnodige geld in te samel vir die 7-jarige Jayden Viviers en sy ma, Valencia. Jayden is op sewe maande met downsindroom gediagnoseer en sedertdien stap Valencia, as enkelouer, ’n lang pad – veral wat Jayden se mediese uitgawes aanbetref.
 Fondse wat ingesamel word, word bestuur deur die niewinsgewende organisasie Backabuddy en versprei deur Brainchild Fund.
 Ondersteun gerus vir Ben deur vir hom ’n boodskap te stuur na 082 557 5406.
 Ben woon sedert 2000 in Lephalale en hy werk by Exxaro. Hy het op Dinsdagoggend 15 Oktober reeds 511 km gery.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.