Bestuurders na hospitaal

LEPHALALE — Die bestuurders van twee voertuie is Maandagaand 17 Augustus hospitaal toe geneem nadat hulle in ’n botsing betrokke was. 

Volgens Lephalale Polisie was die botsing omstreeks 17:50 in Walter Sisulurylaan in Onverwacht.

Teen druktyd was daar geen verdere inligting oor die voorval bekend nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.