Blomme van die Bosveld

LEPHALALE — Die Bosveldfees skop elke jaar af met ʼn aand van prag en pronk, die Bosveldbal. Vanjaar se Bosveldbal, met die tema “Durban July” is Vrydagaand 29 Julie by die Mogolklub gehou.

Die top-6-meisies van Mej Bosveld 2018 is v.l.n.r.: Vicky Lee Armstrong, Chané Oosthuizen, Genevieve du Preez, Bianca Rautenbach, Savahna Grimbeek en Anzel Meyer

Die gaste het die tema uitstekend uitgebeeld en die kleredrag was in die kol.

Die gasspreker en seremoniemeester was G.P. van Rheede van Oudtshoorn, ’n konsultant en spreker met ’n entoesiastiese en humoristiese styl.

Die hoogtepunt van die aand was natuurlik die aankondiging van Mej Bosveld 2018 en haar prinsesse. Soos gewoonlik is Mejj Bosveldnooi, Bosveld Ambassadeur en Debutante, Gehoorkeuse,

Persoonlikheid en Fotogenies 2018 ook aangewys.

Bianca Rautenbach

Die uitslae is as volg:
Mej Bosveld 2018: Bianca Rautenbach
Eerste prinses: Savahna Grimbeek
Tweede prinses: Chané Oosthuizen
Mej Bosveldnooi 2018 en Mej Gehoorkeuse: Vicky-lee Armstrong
Mej Bosveld Ambassadeur en Mej Debutante: Anebe (Bibi) Oelofse
Mej Persoonlikheid: Sanja Beyers
Mej Fotogenies: Genevieve du Preez
Beste geklee: Bianca Rautenbach

Die paartjie wat die tema die beste met hulle kleredrag uitgebeeld het was Maans en Tracy Geldenhuys.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.