Blommeklublede sprei hul vlerke

LEPHALALE — Johanna van der Merwe, Angelique Pretorius, Ria Thuynsma en Miems Erasmus van die Bosveld Blommeklub het “The Witness Garden Show” te Pietermaritzburg vanaf 7-9 September besoek.

Ria Thuynsma, Johanna van der Merwe en Angelique Pretorius

Dié blommeskou was gehou saam met die SA Flora-unie se All Africa Cup 2018 Blommeskou en konferensie.

Hulle het goed gedoen en sê dit was ʼn wonderlike ondervinding.

Hulle behaal die volgende uitslae:

Johanna en Ria ontvang goue linte vir hulle “African Masks”; Angelique ontvang ʼn silwer lint en ster vir haar “African Mask” en ʼn eerste plek in die “Mystique”-kategorie vir haar petite ontwerp (25 cm) en Ria ontvang ʼn eerste plek vir haar “Patterns of Africa”. Angelique het ook deelgeneem aan die beoordelaarskompetisie met die tema: “Under the African Sun”.

Miems sê sy het haar verlustig in die fantastiese tuinuitstallings en ook die wonderlike aanbieding van die wêreldbekende Leon Kluge.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.