Bly rasioneel as paniek gesaai word

Wanneer ʼn waarskuwing oor byvoorbeeld ʼn hoogs aansteeklike virus soos die Koronavirus uitgereik word wat mense in die land, ʼn provinsie, area of dorp waarsku, is daar sekere vasgestelde protokol.

In die wêreld van fop- en drognuus doen koerante sekere dinge om te bepaal of iets die waarheid, of snert is.

Wanneer ʼn stemboodskap versprei word wat inligting uitgee oor byvoorbeeld enige van die koronavirusse moet mens seker maak van die persoon se posbeskrywing, naam en van en namens watter Departement die boodskap oorgedra word.

Stemboodskappe wat onbevestigde inligting versprei kan veroorsaak dat dit op die landswye nuuskanale beland en mense onnodig op hol jaag.

Moenie deel raak van ʼn massa histerie wat ʼn kollektiewe neurotiese toestand tot gevolg het en verder onnodige paniek saai nie.

Vra jouself af of die Suid-Afrikaanse Instituut vir Oordraagbare Siektes en die Departement van Gesondheid se kundige kommunikasie-afdeling anonieme boodskappe per WhatsApp sal versprei of e-posse sonder ʼn amptelike briefhoof (en byvoorbeeld vanaf ʼn gmail-adres) sal stuur?

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.