“Boere staan saam”

BALTIMORE — Grondeienaars van regoor die Koedoesrandgebied het Dinsdag 11 Augustus by Baltimore bymekaargekom ter bewusmaking van plaasaanvalle en -moorde.

Volgens die organiseerders het hulle bymekaargekom ter ondersteuning van die slagoffers van die aanval op die plaas Legkraal naby Dendron op Woensdag 5 Augustus.

Boere en hul gesinne van Baltimore, Tom Burke, Tolwe, Swartwater, Maasstroom en Marken het opgedaag.

Pastoor E Corbett van die AGS-gemeente te Baltimore het die dag geopen en klem gelê daarop dat niemand die pad alleen kan stap sonder hulp van die Here nie.

Die boodskap wat al dié boere wil versprei is: “plaasmoorde is ’n realiteit en ons as boere staan saam vir die bekamping daarvan sowel as ter ondersteuning van die slagoffers en hul families.

“Koedoesrand-veiligheid en koör-dineerders bedank almal vir hul teenwoordigheid.”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.