Borskanker: mites en werklikheid

LEPHALALE — Dr. Susan Lyons, KANSA Lephalale se gemeenskapsmobiliseerder deel ‘n paar mites en werklikhede betreffende borskanker.
Mite: Slegs vroue met ‘n familiegeskiedenis van borskanker loop ‘n risiko.
Werklikheid: Sowat 70% van vroue wat met borskanker gediagnoseer word, het geen identifiseerbare risiko-faktore vir die siekte nie.
Die familiegeskiedenisrisiko’s is egter as volg:
Indien ‘n eerstegraad naasbestaande (ouer, sib, of kind) borskanker het of gehad het, verdubbel jou risiko om die siekte op te doen.
Die bestaan van twee eerstegraad familielede met hierdie siekte verhoog jou risiko selfs nog meer.
Mite: Die verwydering van die hele bors bied ‘n beter kans om kanker te oorleef as die verwydering van slegs die knop gevolg deur bestralingterapie.
Werklikheid: Oorlewingskoerse is omtrent dieselfde vir vroue wat mastektomies ondergaan en die wat die borsbehoudingsopsie kies met verwydering van slegs ‘n gedeelte van die bors, gevolg deur bestraling. Daar is egter sommige gevalle soos bv. met uitgebreide “DCIS”-siekte, die teenwoordigheid van die “BRCA”-geen mutasie, of besondere groot gewasse – wanneer die klontverwydering en bestraling nie die gewenste behandelingsopsie sou wees nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.