Bossie-fakkeldraers

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se jaarlikse Prestige Prysuitdelingsfunksie is Donderdag 1 November vanaf 17:30 in die skoolsaal gehou.

Lanelle Vermaak, Lola Ndlovu en Ruan Mostert

Ds Bernard Prinsloo, leraar van die Hervormde Kerk Onverwacht, het die geleentheid geopen. Hy het gesê as ’n geleentheid soos ’n prysuitdeling gaan oor “ons” dan word die doel daarvan misgekyk. “Dit gaan oor God en die talente wat hy vir ons gegee het om Hom te verheerlik. As ons hard werk, kry God die eer en as ouers trots is op hulle kinders moet alle eer aan God gaan,” het hy afgesluit.

Louwtjie Pretorius, skoolhoof van LBP, het gesê: “Ons kyk vanaand terug na 2018 en ons vier julle prestasies. Ons vier ook vanaand julle omgee vir ons skool. Ons streef uitnemendheid na, maar sonder God, julle ouers en die beheerliggaam van die skool sou dit nie moontlik wees nie.

Alle Bossies is fakkeldraers van Laerskool Bosveld Primary met deursettingsvermoë en vasberadenheid,” het hy afgesluit.

Leerders wat uitstaande prestasies behaal en trofeë ontvang het is:

Dienslewering: Erhard Geyser; Volharding: Lola Ndlovu; Kultuurseun en –dogter van die Jaar: Divan Gerber en Lanelle Vermaak; Veelsydigste Sportseun en Sportdogter van die Jaar: Erhard Geyser en Ninke de Klerk; Sportseun en Sportdogter van die Jaar: David Mokoena en Zoey Elenis; Dux-leerder: Lola Ndlovu en Bossieseun en –dogter van die Jaar: Ruan Mostert en Lanelle Vermaak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.