Bossienuus

Bossiekrieket na finaal

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary (LBP) se o. 11-krieketspan het Dinsdag 17 Oktober aan die Limpopo-semifinaal by Laerskool Krugerpark te Mokopane (Potgietersrus) deelgeneem.
LBP se spelers en Tzaneen het om 12:00 geloot, die Bossies verloor die loting en Tzaneen boul eerste. LBP kolf en teken ’n onvoldoende 114 lopies aan teen Tzaneen in die 26ste beurt, almal uit.
Tzaneen kolf tweede en teken slegs 103 lopies aan in die 30ste boulbeurt. LBP wen die Limpopo-semifinaal met 11 lopies.
LBP het Dinsdag 24 Oktober aan die Limpopo-finaal deelgeneem te Pietersburg Oosskool teen Laerskool Nylstroom. Teen druktyd was die uitslag van dié wedstryd nog nie bekend nie.

Bravo Bossieswemmers

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se swemspan het Saterdag 21 Oktober aan die Interlaerswemkampioenskappe te Groblersdal deelgeneem en goeie prestasies behaal.
Die volgende swemmers behaal eerste plekke: Janco Sparks (50 m rugslag, seuns o. 8);
Friedrich Neethling met ’n nuwe rekord (50 m vryslag, seuns o. 8); Veneske Steenkamp met nuwe rekords vir 50 m vryslag en 50 m rugslag, dogters o. 9. Sy word ook aangewys as die Junior Victrix Ludorum.
Ashley Jansen van Vuuren wen die 50 m en 100 m rugslag, dogters o. 11 en Roelof Taljaard wen die 50 m vlinder- en rugslag, asook die 100 m vlinder- en rugslag, seuns o. 12.
Die o. 8 en o. 9-dogters het ook eerste plekke in die vryslagaflosse behaal en ’n nuwe rekord aangeteken.
Laerskool Bosveld Primary behaal ’n algehele derde plek en dring deur na die Top 10-skoleswemgala wat op 4 November in Polokwane gehou word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.