Bossies 5de by MTB — Inge se speke sing

LEPHALALE — Inge en Albert von Rönge, leerders aan Laerskool Bosveld Primary, het Saterdag 13 Julie onderskeidelik ʼn derde en tweede plek behaal by die jaarlikse MTB Spurreeks wat by Hoërskool Ellisras gehou is. Twintig laerskole het vanjaar vir die Spurreeks ingeskryf en Saterdag se Tour de Maroela by EHS was die eerste van die reeks se vier bene.

Na dese is Laerskool Bosveld Primary in ʼn vyfde plek.

Inge het deelgeneem in die “sprog girls” kategorie en Albert in die “sub junior boys”.

Inge het ook tydens die afgelope wintervakansie aan die Miami-fietsmarathon deelgeneem en twee eerste plekke behaal – in die dogters o. 12 sowel as ʼn algehele eerste plek uit 88 deelnemers.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.