Bossies skiet uit!

Die Bossie-boogskuts is die beste!

LEPHALALE — Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het die naweek van 13 Julie aan ʼn boogskietkompetisie te Lephalale Primary in Onverwacht deelgeneem. Ander deelnemende skole was Waterberg Academy, Hoërskool Ellisras, Hoërskool Piet Potgieter en Lephalale Primary.

Die Bossies het baie goed gevaar. Die A-span behaal ʼn eerste plek, Samuel Leahy behaal ’n algehele tweede en Franco Oberholzer ʼn algehele derde plek in die junior seuns-afdeling en Dane Marnitz behaal ʼn algehele eerste plek in die junior dogters-afdeling.

Die volgende kompetisie is Saterdag 20 Julie by Hoërskool Ellisras.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.