Christiaan Hendrik Hermanus Fasen (Chris) 4 Maart 1961 – 26 Julie 2020

’n Huldeblyk aan ’n wonderlike Pa, Oupa en man:

“Waar begin ons om te sê hoe jy almal wat jou pad gekruis het se lewens aangeraak het? Jy het almal met soveel liefde, deernis en respek behandel.

As jy te na gekom of sleg behandel was, het jy nederig gebly en steeds jou beste gegee. By jou het ons geleer hoe dit is om ’n pad met God te stap en onvoorwaardelik lief te hê.

Jy het nie aardse skatte bymekaargemaak nie, maar skatte in die hemel. Jou hand was oop en jou hart was groot.

Jy het gegee sonder om iets terug te verwag.

Jy het daarna gestreef om in vrede met almal te leef.

Jy is die beste aardse Pa, Oupa en man wat die Here vir ons kon gee.

Ons sê vir jou dankie vir jou voorbeeld, liefde en besorgdheid.

Jou stem is stil en jou plek is leeg. Ons sou jou graag nog langer saam met ons wou hê, en al mis ons jou elke dag, gun ons jou die rus.“

— Met liefde van jou vrou, Connie, jou kinders, Edith, Henco en Bernardo en jou kleinkinders Jolene Hendre en Christo

’n Privaat roudiens vir Chris word Vrydag 7 Augustus gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.