Dame wen Maroelabeker

Nelia Grobler, C van Staden, Martin Nel, Len Steyn, L van der Watt,
Veruska Uys en H Gouws

LEPHALALE — Die Maroelabekertoernooi val jaarliks saam met die Bosveldfees. Dit is vanjaar gehou op 4, 5 en 6 Julie.

Daar het gemiddeld 110 spelers per dag aan die toernooi deelgeneem en die vinnige winterbaan het spelers op hul tone gehad. Bullet Steyn vertel hy het elke aand “in die bad” geoefen en sy gholfbal na die wateruitloop toe geset!

Die drie dae gholftoernooi is Saterdagaand feestelik afgesluit met die prysuitdeling. Gert Pepler, klubkaptein, het die prysuitdeling waargeneem en Len Steyn, klubpresident, het van die geleentheid gebruik gemaak om almal wat die sukses van die toernooi verseker het te bedank, veral die borge wat uitstekende pryse geborg het en op een of ander wyse bygedra het.
Die uitslae was soos volg:
Juniorwenner: H Gouws.
Dameswenner: L van der Watt
Brutowenner oor 3 dae: Martin Nel.
Maroelabekerwenner: C van Staden.

Dit is die eerste keer in die Maroelabeker se geskiedenis dat ’n dame die algehele wenner is. Martin Nel was in die tweede plek en Riaan Nel het derde geëindig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.