Damesaand in Wonderland

Erma Weber, Annelie Wessels, Anel Wessels, Karin Meyers en Mariëtte Weber
in Wonderland

LEPHALALE — ’n Damesaand is Vrydagaand 6 September by Hoërskool Ellisras gehou ten bate van ’n nuwe klanksisteem vir die skool. Dit was ’n heuglike aand met die tema “Alice in Wonderland”.

Delmarie van Zyl was aangewys as die besgeklede dame

  Die dames het gesmul aan vingerhappies en is vermaak deur die DZL-sanggroep. Dié twee broers se optrede was omtrent vermaaklik!

Terwyl die ouer broer weggetrek het met ritmiese liedjies, het die jonger broer van die dames vir ’n dansie gevat. Hulle was baie beïndruk met die Bosveld-dames.

Elke dame het ’n potjie “Second Youth” skoonheidsproduk ter waarde van R500+ ontvang van Aloe Day Spa danksy Arona Rossouw wat die borg gereël het. Elke gasvrou het ook ’n koek gebak wat die aand beoordeel is en Sunè McKenzie se koek het gewen.

Delmarie van Zyl was aangewys as die besgeklede dame en sy het ’n geskenkbewys van Bison ontvang. Sorien Pretorius het ’n kwilt gewen met twee kussingslope en Esmè Fourie ’n geskenkbewys van Aloe Day Spa!

Annelie Wessels wat die aand geïnisieer het, asook Christa Meiring en Naomie van Deventer wat haar bygestaan het, het elke vrou bedank wat die moeite gedoen het om die skool te ondersteun.

Indien daar enigiemand in die dorp is wat ook ’n bydrae kan maak tot die nuwe klanksisteem, sal dit baie waardeer word, aangesien die skool dit baie nodig het vir revue, talentaande, openings en vele meer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.