Damvlak laer as verlede jaar

LEPHALALE — Volgens damvlak-statistieke van die Departement van Waterwese was die stand van die Mokolodam op 3 September vanjaar 15,30% laer as die ooreenstemmende tyd verlede jaar, naamlik 79,8% teenoor 95,1%.

Die Mokolodam se volle stoorkapasiteit (FSK), gemeet in miljoen kubieke meters, is 145,8. Die ander groot damme in Limpopo is De Hoopdam met ‘n FSK van 348,7 wat verlede week 86,4% vol was vergeleke met verlede jaar se 98%; Flag Boshieledam (FSK: 185,20) was 87,7%, Middel-Letabadam (FSK: 172,0) 10.5%, Nandonidam (FSK: 166,2) 99.4% en Tzaneendam (FSK: 156,6) 32,1% vol.

Die Provinsie se volle damstoorkapasiteit is gesamentlik 1552,3 (in miljoen kubieke meters) waarvan die stand op 3 September 68,9% was teenoor 2017 se 73,7%

Hierdie tyd van die jaar loop hooikoorslyers erg deur weens die stof, stuifmeel en ander allergene wat ingeasem word.

Daar word uitgesien na die eerste goeie reën wat die stowwerigheid en vaalheid kan verdryf.

(Bron: www.dwa.gov.za.)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.