“Day-Night” gholf ʼn sukses

LEPHALALE — Vanjaar se “Day-Night” gholfdag van Laerskool Bosveld Primary wat Saterdag 15 September op Mogol se bane gehou was, was danksy al die spelers en borge, ʼn groot sukses.

ʼn Totaal van 136 spelers het deelgeneem en die opwinding was reeds tasbaar met die afslaan om 15:00.

Die spelers het rondom 18:00 kante geruil en hulle vernuf op die oorblywende nege putjies gewys. Verskeie “nat” gate het bygedra tot die feestelike atmosfeer en gees wat geheers het.

Pryse vir spelers van die dag is na afloop van die geleentheid uitgedeel waarna Henk Grimsell die gaste vermaak het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.