Derde cum laude vir oud-Rassie!

LEPHALALE — Jané McAlpine, née Peens, behaal haar Meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese met lof aan die Universiteit van Pretoria met haar verhandeling getiteld: “Pb (II)-Removal from water using micro-organisms naturally evolved to tolerate Pb (II)-toxicity”.

Jané het in 2012 by Hoërskool Ellisras gematrikuleer en in 2013 met haar studies in Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria begin.

Sy behaal haar graad in Chemiese Ingenieurswese in 2016 en sy voltooi haar Honneursgraad in Chemiese Ingenieurswese in 2017, beide met lof.

Jane bly tans in Lephalale en sy werk by Exxaro se Grootegelukmyn.

Sy sê sy is dankbaar vir die Exxaro-beurse wat dit vir haar moontlik gemaak het om te studeer en sy skryf alle sukses aan die Here toe vir geleenthede, talente en genade.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.