Die winkel met karakter

Die bekende Foto First het na ʼn groter perseel geskuif, en is steeds in die Lephalale Square.

Foto First was vroeërjare deur Hennie le Roux begin, maar van die beskeie ontstaan het dit intussen na een van die mees uniekste winkels in Lephalale verander. Die huidige eienaar, Russell Sadler, het met hierdie skuif beslis verseker dat die winkel nou genoeg ruimte het om optimale uitstalruimte te verseker. Die winkeluitleg en produkuitstalling is prakties en mooi.

ʼn Groot verskeidenheid rame, horlosies, kaartjies, geskenke en unieke huishoudelike artikels maak van Foto First ʼn lekker koopervaring. Óf jy op soek is na ʼn geskenk vir iemand anders, óf net rondkyk vir ʼn bederfitem vir jouself, is hierdie die plek om te besoek.

In die eerste plek is en was Foto First ʼn professionele fotoverwante diensverskaffer met fotodrukwerk en verwante dienste, maar deesdae is dit ook die lekkerste snuffelplek vir unieke, elegante of buitengewone items.

By Foto First maak hulle ook self rame en blokdoeke (canvasses) volgens die persoonlike smake van hul klante en dit sluit boksrame van jou kind se eerste skoolhempie tot jou grendeltydkunswerke in. Die opsies is onbeperk! Hulle raam ook spieëls, legkaarte en verewig goeie herinneringe in hoë kwaliteite blokdoeke.

Foto First is in die Lephalale Square en kan gekontak word by 014 763 2554 of WhatsApp, 061 351 3345.

Kontak besonderhede is: 014 763 2554, Whatsapp: 061 351 3345, design@fotofirst.014.co.za of
fotofirst@vox.co.za.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.