Ds Benadé se penarie

LEPHALALE — Die bekende en gesoute akteur, Frank Opperman, het Vrydagaand 15 Februarie sy eenmanvertoning: “Die Klaagliedere van ds Tienie Benade”, meesterlik vertolk by die NG Kerk Ellisras-Wes.

Frank Opperman, oftewel ds, Tienie Benade en Cornel Viljoen, predikant van die NG Kerk Ellisras-Wes na afloop van die vertoning

Die toneelstuk is deur die ewe bekende Dana Snyman geskryf. Alhoewel dit vermaak uit die boonste rakke is, loop emosie dwarsdeur die storielyn. Ds Tienie worstel met diep vrae oor wie hy werklik is.

Gaste kon hul vereenselwig met verskeie temas wat aangespreek is in ʼn snel veranderde samelewing – of dit die kwynende tiendes is, maar ook die rol wat die herder van die gemeente vertolk.

Opperman het die rol vertolk as deel van ʼn Sondagerediens en die “gemeente” het die bekende Psalm 146, Prys die Heer, lustig saamgesing. Hierdie produksie, met ʼn diepere betekenis, is humoristies aangebied, maar met die spreekwoordelike lag met ʼn traan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.