EHS bars van trots

Daar was so baie bekers dat Lawrence Johnson en Jevan Human ook hand bygesit het

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het uitgeblink met trofeë en sertifikate tydens die Waterberg Prysuitdelingsfunksie wat Vrydag 17 Januarie by Aventura te Bela-Bela gehou is.

Annelie Wessels, Adri Gerber, Sarette le Roux en Adriaan Joubert

Die skool was aangekondig as die beste akademiese skool in die Waterbergdistrik met ’n slaagsyfer van 99,2%.

EHS het ook die hoogste persentasie Bachelorleerders (universiteitsvrystelling) in die Waterbergdistrik, naamlik 72,95%.

Sarette le Roux is aangewys as die beste onderwyser in Fisiese Wetenskappe in die distrik met ses onderskeidings en ’n 100%-slaagsyfer. Adri Gerber is aangewys as die beste onderwyser in Afrikaans Eerste Addisionele Taal met drie onderskeidings en ’n 100%-slaagsyfer.

Drie leerders word vereer as die beste in hulle vakke in die Waterbergdistrik: Gopolang Mokgotu as the best learner in CAT, Pabalelo Makgamatha as the best learner in Visual Arts and Annerijke Diplock in Verbruikerstudies.

Die volgende vakke het ’n 100%-slaagsyfer behaal: Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, English Home Language, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Sepedi Home Language, Mathematics, Mathematics Literacy, Life Orientation, Fisiese Wetenskap, Tegniese Wetenskap, Verbruikerstudie, Visuele Kuns, Rekeningkunde, Inligtingstegnologie (IT), CAT, Ingenieur Grafieke en Ontwerp, Elektriese Tegnologie, Siviele Ingenieurswese en Gevorderde Program Wiskunde.

Die skoolhoof, Adriaan Joubert, bars van trots en sê as almal leef en gesond is, mik die skool vanjaar vir ’n 100%-slaagsyfer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.