EHS-leerders beloon vir prestasie

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se leerders is Woensdagaand 29 Januarie tydens die Akademiese prysuitdeling ryklik beloon vir hulle harde werk gedurende 2019.

Inge Zandberg is die graad 8-leerder van 2019 wat die meeste sertifikate ontvang het, naamlik 21. Sy behaal die beste vakprestasie in: Afrikaans Huistaal 86%, Ekonomiese Bestuurswetenskappe 90%, Digitale Tegnologie 95%, Menslike Sosiale Wetenskap 89%, Skeppende Kuns 93% en Wiskunde 92%.

Haar gemiddeld is 88,9% en sy is vier kwartale deel van die top-10-leerders van haar graad.

Die volgende leerders behaal die hoogste prestasie in hulle onderskeie vakke:
Lerato Banda Sepedi 87%, John-Michael Elenis Afrikaans First Additional Language 81,8%, Divan Malan English First Additional Language 88%, Klara Grieshaber Lewensorientering 93%, Lanelle Vermaak 93% Lewensoriëntering, Lerato Langa Sepedi Home Language 87%, Mbali Mkhwebane English Home Language 84% en Andries Koen Tegnologie 96% en Wiskunde 92%.

Inge Botes ontvang die meeste toekennings in gr 9 met 18. Sy is die beste in Afrikaans Huistaal 89%, Menslike Sosiale Wetenskap 91%, Skeppende Kuns 94% en Tegnologie 90%. Haar gemiddeld is 88,1% en sy is vier kwartale deel van die top-10-leerders in haar graad.

The following learners was the best performers in their respective subjects:
Oratile Marakalala Sepedi Home Language and English First Additional Language 90%, Ronaldo Hlong English Home Language 82%, Afrikaans First Additional Language 79% and Economic Management Science 84%, Zinta van Staden English First Additional Language 90%, Christine Loubser Lewensoriëntering 88%, Inge Prinsloo Natuurwetenskappe 90% en PJ Human Digitale Tegnologie 94%.

In graad 10 stap Janco von Rönge loshande weg met die meeste toekennings: Hy is die beste leerder in Afrikaans Huistaal 88%, Besigheidstudies 87%, English First Additional Language 93%, Rekeningkunde 91%, Rekenaartoepassingstegnologie 94% en Wiskunde 94%. Sy gemiddeld is 91,6% en hy is deel van die top-10-leerders in sy graad.

Die volgende leerders is ook die beste in hulle vakke in graad 10:
Keitumetse Mokwhele Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Gomolemo Monyeki Tourism 72%, Lionel Vorster Tegniese Wiskunde 72%, Stefan Oosthuizen Siviele Tegnologie 91%, Johanna van der Westhuizen Visuele Kuns 81%, Gerhard Booysen Ingenieurs Grafika en Ontwerp 86%, Marnel Venter Wiskunde Geletterdheid 90%, Fred Pistorius Elektriese Tegnologie 80%, Mia Venter Verbruikerstudies 81%, Clarissa Booysen Lewensoriëntering 92%, en PJ Brand Fisiese wetenskap 88%, Gevorderde Program Wiskunde 86%, Inligtingstegnologie 95% en Lewenswetenskap 88%.

In grade 11 Murangi Sithari received 22 awards. She is the best learner in Afrikaans Eerste Addisionele Taal 89%, Physical Science 91%, Advanced Programme Mathematics 87%, English Home Language 90%, Accounting 91% and Information Technology 93%. Her average for the year was 9,2% and she was part of the top 10 learners for four terms.

Die volgende leerders was die beste in hulle vakke in graad 11: Jeanette Makgae History 71%, Tayla Vos Tourism 72%, Tokkie de Beer Siviele Tegnologie 83%, Masipala Murunwa Sepedi Home Language 89%, Ntiyisa Mawila Maths Literacy 77%, Miriam Metlae Consumer Studies 76%, Loulah van der Watt Visuele Kuns 93%, Nelius Grieshaber Visuele Kuns 93% en Ingenieursgrafika en Ontwerp 85%, Ina-Mari Roos Afrikaans Huistaal 85%, Besigheidstudies 87,5% en English First Additional Language 86%, Anzelle Vermaak Rekenaartoepassingstegnologie 87%, Lewenswetenskap 87% en Wiskunde 90%, Bianca Smith Lewensoriëntering 94% en Rekenaarstoepassingtegnologie 87%.

Skoolhoof Adriaan Joubert het tereg gesê: “There is no elevator to success – you have to take the stairs!”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.