EHS-netbal skop alies

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se netbalspelers het Saterdag 7 April aan ʼn ligakragmeting by Hoërskool Warmbad deelgeneem.

Netbaldogters wat deurgedring het na die finale proewe saam met afrigter Frieda Slabbert

Al EHS se spanne het gewen.

Die eerste span wen 10-17, die o. 16’s wen 21-6, die o. 15’s wen 29-6 en die o. 14-span wen 48-1!

ʼn Hele paar netbalspelers het deurgedring na die finale proewe vir Limpopokleure, naamlik Motlatjo Kwata en Jandri Venter (o. 17); Kahlodi Moremi en Patience Lekalakala (o. 16); Mokgadi Hlako, Paballlo Majadibodu, Shoki Mothiana, Charlize du Plessis, Deonè Barnard en Magan Nkwanyana (o. 15) en Morakane Matsoma, Patunia Makgae, Tsgego Ntwagae (o. 14).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.