EHS-nuus

Henja trap vir Limpopo

LEPHALALE — Henja Glas van Hoërskool Ellisras het die afgelope skoolvakansie aan die Nasionale Bergfietskampioenskap by Hoërskool Bekker naby Magaliesburg deelgeneem. Sy was deel van die Limpopospan wat uit 22 fietsryers bestaan het.
Fietsryers uit Zambië, Zimbabwe en Namibië het ook deelgeneem en die kompetisie het bestaan uit interprovinsiale en interskole afdelings.

Onnies voorbereid

LEPHALALE — Rohan Besseling en Thildie Erasmus, onderwysers by Hoërskool Ellisras, het onlangs vlak een van ʼn rugbykursus geslaag. Die tema van die kursus was “Strength and Conditioning” en dit was aangebied deur Wêreldrugby Loftus in Pretoria. Dit was gemik daarop om spelers fisies voor te berei vir die seisoen.
Besseling en Erasmus sê dit was ʼn baie geslaagde en interessante kursus.

EHS-swem is derde

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se swemmers het die medaljes ingeryg tydens die jaarlikse Interhoërswemkampioenskappe wat onlangs by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi gehou is.

Hoërskool Ellisras eindig in ʼn derde plek met 22 brons, 12 silwer en vier goue medaljes. Goue medaljes behoort aan Nathalie Perrier dogters o. 16 rugslag 50 m (38,04); GJ Roets seuns o. 15 100 m vlinderslag (1:04,02) en 50 m vlinderslag (27,92) en Marushka Geyser dogters
o. 14, 100 m vryslag (1:20,88).

Silwer medaljes word gewen deur Marushka Geyser dogters o. 14 200 m individual medley (2:48,35), 50 m rugslag (36,85) en 100 m vlinderslag (1:30,73); GJ Roets seuns o. 15 200 m individual medley (2:26,55), 50 m rugslag (30,66) en 100 m rugslag (1:04,65); Dries du Preez seuns o. 14 50 m borsslag (39. 92) en 50 m vryslag (30,34); Janus Reynecke seuns o. 18 50 m vryslag (28,34).

Die volgende aflosse ontvang ook silwer medaljes: Seuns o. 15, 200 m vryslag: GJ Roets, Janco Lötter, JP van Staden en Franco Troskie met ‘n tyd van 1:55,17.

GJ Roets wen twee goue en vyf silwer medaljes

200 m medley: JP van Staden, Franco Troskie, GJ Roets en Tiaan Malan met ‘n tyd van 2:11,97.

Seuns o. 16, 200 m vryslag: Neil Steenkamp, Hendri Reynecke, Thys Bekker en GP du Preez met ‘n tyd van 1:57,12.

Met die algehele tellings van seuns en dogters is GJ Roets nommer vier met 47 uit 50.

Hoërskool Ellisras eindig in ʼn derde plek met 717, Hoërskool Piet Potgieter wen met 886.5, Hoërskool Ben Viljoen tweede met 884 en Hoërskool Frikkie Meyer vierde met 630.

Miscka for All Star

LEPHALALE — Miscka Witbooi (supported by her brother Tiny Witbooi) went to the Archery SA’s in Uitenhage during the school holiday. Miscka was selected for the All Star National team that will tour to Canada later this year

 

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.