EHS-rugby van krag tot krag

Marvin Mofokeng en Molifi Maboka

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se rugbyspelers het die afgelope week baie goeie nuus ontvang van die Limpopo Blou Bulle Hoërskolerugbyvereniging.

PF Schoeman

Ses spelers naamlik Grant Khomo, Dries du Preez, Molifi Maboka, Marvin Mofokeng, James Montshiwa en PF Schoeman, is gekies vir die Limpopo o. 16-rugbyspan.

Drie spelers is gekies vir die o. 16-Noordvaalspan naamlik Mynhardt du Plessis, Stefan Ooshuizen en Ben Strauss.

Ses EHS-spelers is gekies vir die o. 18-Reitzspan. Hulle is Ruan Basson, AJ Beukes, Tokkie de Beer, Janco Lötter, JP van Staden en Sakkie Wessels.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.