EHS vereer leerders

Die ster van die Aand – Cherantè Snyman

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Donderdag 19 Oktober die room van die skool vereer vir deelname en harde werk gedurende die jaar.
Die onderskeie grade ontvang die volgende aantal toekennings (ʼn totaal van 815): graad 8 – 142; graad 9 – 170; graad 10 – 167; graad 11 – 127 en graad 12 – 209.
In graad 8 is 60 leerders beloon vir deelname en prestasie. Die leerder met die meeste toekennings is Maynard du Plessis wat 16 toekennings ontvang. Hy word onder andere aangewys as die mees veelsydige krieketspeler in die o. 15-span en word in die Waterbergspan opgeneem. Maynard kry ʼn sertifikaat vir een jaar diens as leier en hy word ook beloon vir deelname aan rugby. (Sy span eindig as ligawenners). Maynard ontvang ook sertifikate vir swem in die 100 m en 200 m vryslag en 200 m wisselslag.
Jan du Plessis verbeter die 300 m hekkierekord tydens die Interhoër-atletiek en Dries du Preez verdien 1 010 ASA-punte met diskusgooi.
Nog graad 8-leerders wat trofeë ontvang is Anika van Rooyen – Junior Redenaar Voorbereid, Mischa Witbooi – Girl Archer of the year, Ilanè Geringer – Netbalspeler van die Jaar.
Janco Lötter (graad 9) ontvang die meeste toekennings in sy graad, naamlik 17. Hy presteer in spiesgooi en gewigstoot en is deel van die skool se gholfspan wat die Gholfinterhoër wen. Hy presteer in krieket en word aangewys as beste Bouler en beste Juniorkrieketspeler. Hy ontvang ook toekennings vir Debat en Interhoërswem.
Nog graad 9-leerders wat trofeë ontvang is Charnè Cowan – Sportveldnoodhelper van die Jaar, Precious Ntozini – Junior Public Speaker of the Year, Murangi Sithari – beste Junior Redenaar Onvoorbereid en beste junior Redenaar Huistaal Onvoorbereid, Tiaan Malan – beste Junior Krieketveldwerker, WP Vermeulen – beste Junior Krieketkolwer, Janco Lötter – beste Junior bouler en Beste Junior Krieketspeler.
In graad 10 word Natalie Perrier beloon vir atletiek en sy ontvang ’n sak vol sertifikate vir kultuur. Sy en haar spanmaat is die beste Debatspaar en sy word aangewys as die beste Senior Redenaar Onvoorbereid. Sy neem deel aan Tienertoneel ATKV en wen twee brons medaljes. Sy ontvang ook ’n goue medalje in swem.
Nog graad 10-leerders wat trofeë ontvang is Chandri Cowan – Sportveldnoodhelper van die Jaar, FA Kemp – Boogskietseun van die Jaar, Gabriël Makhae – beste vordering eerste span rugby, Leandri van Deventer – beste Debatspaar, Conrad Prinsloo beste Senior Krieketkolwer.
Erik van der Walt (graad 11) ontvang agt toekennings. Hy ontvang sertifikate vir atletiek en wen die Afrikaanse Redenaars Voorbereid Interhoër. Hy word dus aangewys as die beste Senior Redenaar (voorbereid) van EHS. Hy word ook beloon vir drie jaar lidmaatskap van die eerste rugbyspan.
Nog graad 11-leerders wat trofeë ontvang is Hannes Lamprecht – Noodhulp Beste Administrasie, Wilmari Louw – Noodhulp Gemeenskapsdiens, Tiaan Nel – Krieket Mees Veelsydige eerste spanspeler, Wynand van Staden – Noodhelper van die Jaar, Gerrie Blom – beste Senior Krieketbouler en beste Senior Veldwerker, MC Pitout – beste Krieketvordering en Henja Glas – beste Dogtertennisspeler.
Cherantè Snyman (graad 12) ontvang die meeste toekennings in haar graad, naamlik 26. Sy neem deel aan atletiek, swem, landloop, is ’n leier en ’n uitstekende akademiese presteerder. Sy ontvang sewe trofeë vir akademie – Afrikaans Huistaal (85%), English First Additional Language (85%), Fisiese Wetenskap (94%), Wiskunde (94%), Lewenswetenskappe (90%), Rekeningkunde (89%), Gevorderde Wiskunde (94%) en Lewensoriëntering (97%). Sy skryf ook die Taalbondeksamen en word aangewys as “Rassie Jonge Dame” omdat sy altyd goeie maniere teenoor almal openbaar en boonop fyn, beskaafd en elegant is. Cherantè is Dux-leerder en Rassie van die Jaar.
Nog graad 12-leerders wat trofeë ontvang is Hunade Kekana – Best learner in History (75%); JL van der Walt – beste leerder in Elekriese Tegnologie (63%); Dalize du Plessis – trofee vir hoogste gemiddeld in Rekeningkunde en Besigheidstudies (87%), Marinus Kruger – beste in IGO (86%), Eslitha Mocheko – Best English Learner; Melissa Fox – beste RTT-leerder (80%); Boity Tsolo – best English Home Language learner (76%), Ruan Louw – Rugbyvoorspeler van die Jaar asook Rugbyspeler van die Jaar; Neil Steyn – beste prestasie in Toerisme (74%), beste in Wiskunde Geletterdheid (84%) en beste rugbyagterspeler; Lerato Ditsela – beste Senior Redenaar, best achievement in two languages simultaneously (Eng FAL 87% and Sepedi 86%) as well as English Public Speaker of the Year. Hesmari Badenhorst is die beste leerder in Geografie.
Marlien van Vuuren – beste in Besigheidstudies 83%, Visuele Kuns 96% en Verbruikerstudie 80%. Philip van Wyk – beste in IT 72% en trofee vir beste Tennisseun. Die getroue skoolbesoektrofee gaan aan Lizel Booysen.
Die Handhawingstrofee gaan vanjaar aan Beulah Prinsloo. Hierdie trofee is vir die graad 12-Afrikaanse leerder met hoogstaande morele en etiese standaarde.
The Culture Personality of the Year is Lerato Ditsela. She won numerous public speaking awards from Grade 8-11 and also took part in the Road Safety Debate. This year Lerato took part in the ATKV Onvoorbereide redenaars and she represented Limpopo at the nationals that took place in the Cape Province. She won the trophy for best Senior Public Speaker Afrikaans Additional Language and she is also the best Senior English Public Speaker.
Die Sportdogter van die Jaar is Maruschka Geyser en die Sportseun van die Jaar is Dario Geyser.
28 leerders ontvang Provinsiale kleure:
Atletiek: Charnè Vosloo, Loutjie Steenekamp en Donald Ramasobane. Bergfiets: Henja Glas. Boogskiet: Waldo Maritz, Mischa Witbooi, Armand du Plessis en FA Kemp. Dans: Kiara Verwey en Nathalie Perrier. Hokkie: Nachelle Beetge en Pabalelo Makgamatha. Krieket: Lawrence Johnson, Janco Lötter en Tiaan Malan. Landloop: Peter Nkumane, Murangi Mulaudzi, Nico Snyman en Coenraad Pretorius. Mixed Martial Arts: Dian Besseling, Johan Pretorius en Frikkie Brand. Netbal Ilanè Geringer. Perdry: Carli Liversage (eerste in Limpopo), Johan Pistorius (kaptein Limpopo tent pegging), Fred Pistorius en Janco de Bruin. Swem: SJ Roets, Maruschka Geyser en Dario Geyser.
(Die akademiese prysuitdeling vir graad 8-11-leerders word in 2018 gehou).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.