EHS vs Frikkie Meyer-wedstryde

LEPHALALE — Die Wintersportspanne van Hoërskool Ellisras het Saterdag 18 Mei kragte gemeet teen die spanne van Hoërskool Frikkie Meyer tydens ʼn sportdag in Thabazimbi. Gemengde welslae is behaal.

Die o. 14A-hokkiespan

Die o. 16-rugbyspan van EHS wen hulle teenstanders met ʼn uitstekende telling van 39-15 met pragtige hardlooprugby. Die tweede spanne eindig gelykop 19-19. Die eerste span van Frikkie Meyer slaag daarin om in die doodsnikke van die wedstryd ʼn drie te druk en hulle wen die wedstryd.

Die o. 14A-netbalspan

Die o. 14B-hokkiespan wen 3-0 en die o. 14A-hokkiespan eindig gelykop met een doel elk. Die eerste span verloor 1-3.

Die o. 14A-netbalspan wen met ʼn goeie telling van 24-14.

Hoërskool Ellisras skud intussen hulle vere reg om die naweek van 25 Mei deel te neem aan ʼn sportdag teen die spanne van Hoërskool Piet Potgieter op tuisveld.

Ondersteun hulle gerus.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.