Eskom stil oor ontwerpfoute

LEPHALALE — Nasionale media het onlangs berig dat ernstige ontwerpfoute Eskom se twee grootste steenkoolkragstasies, Medupi en Kusile, se vermoë om krag op te wek kniehalter.

Volgens dié berigte is die drukketels te “laag” wat hoër temperature en beskadigde toerusting tot gevolg het. Die hoogte van die drukketels is tans 130 meter, maar dit moet in werklikheid 142,5 meter hoog wees om temperatuur tydens werking te verminder en om te verseker dat die kragstasies tot volle kapasiteit funksioneer.

Volgens die energiekenner Ted Blom was die Medupi kragstasie van die begin af ’n groot fout, aangesien Eskom die verkeerde tegnologie gebruik het.

Mogol Pos het meer as ’n week gelede hieroor navraag gedoen by Eskom se “Media Desk” aangesien dit ’n nasionale aangeleentheid is. Hulle het ontvangs van die navraag erken en spoedige terugvoer verseker. Teen druktyd was daar nog geen terugvoer vanaf Eskom nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.