Gaan speel ringbal!

LEPHALALE — Mogolringbalklub is weer volstoom aan die gang. Enigiemand wat graag betrokke wil raak by ’n heerlike gesinsport, sluit gerus aan by Mogolringbal.

Daar is elke Dinsdag- en Donderdagaand oefening by die klub – die juniors oefen vanaf 17:30 en die seniors vanaf 18:00. Fiksheid word Maandag- en Woensdagaande vanaf 18:00 gedoen.

Ou spelers, nuwe spelers, mans, dames en kinders van alle ouderdomsgroepe is welkom om by hulle aan te sluit. Volgens die spelers is niemand ooit te oud om ringbal te speel nie.

Skakel Apie by 060 863 4488, Franciska by 074 217 9237 of Driaan by 082 722 4388 vir enige navrae.

Die ringbalbane is by Mogolklub ná die tennisbane.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.