Gees maak lus vir fees

LEPHALALE — Die inwoners van Lephalale het Saterdagoggend gedurende ʼn straatkarnaval na die Mogolklub se gronde gewys hoe om gees te vang vir die Bosveldfees.

Volgens Marie Seegers, voorsitter van die Bosveldfeeskomitee, was hulle aangenaam verras met die opkoms en het dit gevoel soos “die ou Ellisras toe almal nog entoesiasties aan alles deelgeneem het”.

Perde, fietsryers, stappers, trokke, plat karre, finaliste van Mejj Bosveld en Tiener 2018, Laerskool Ellisras se Bytjie, Mej Bosveld 2017, lede van die publiek, die GPF en ander het aan dié straatkarnaval deelgeneem in afwagting op die Bosveldfees wat van 5-7 Julie gehou word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.