Geesvangoptog — warm op vir Fees

LEPHALALE — Inwoners kan Saterdagoggend 23 Junie om 09:00 by die Lephalale Mall in Onverwacht bymekaarkom vir ʼn geesvangoptog in regte karnavalstyl. Die optog begin om 10:00 na die Mogolklubgronde.

ʼn Optog het gewoonlik ʼn negatiewe konnotasie, maar die doel van hierdie optog, waarskynlik ʼn eerste van sy soort, is om Bosvelders vroeg reeds lus te maak vir die Bosveldfees wat vanjaar van 5-7 Julie gehou word.

Die optog is reeds goedgekeur deur die Lephalale Munisipaliteit. Perde, vollas, Mej Bosveld 2017, Mej Bosveldfinaliste 2018, fietsryers, 4×4-voertuie, Mej Tiener-finaliste, Bulletjies, Blommetjies en trompoppies van Laerskole Ellisras en Laerskool Bosveld Primary gaan almal aan dié geesvangoptog deelneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.