Geluk Chinique

LEPHALALE — Chinique Hattingh, née Luüs, het in April vanjaar haar nagraadse diploma in Finansiële Beplanning behaal nadat sy in Junie 2016 haar BCompt graad (Baccalaureus in Rekenkundige Wetenskap) by UNISA voltooi het.

Sy het ook in 2016 haar klerkskap voltooi by SAICA (South African Institute of Chartered Accountants). Chinique werk tans by PSG Wealth in Lephalale as finansiële adviseur. Sy was in 2011 ʼn matriekleerder aan die Hoërskool Ellisras.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.