Geluk Marlothii

LEPHALALE — Marlothii Learning Academy, ʼn tuisonderrigsentrum, het Donderdag, 18 Julie, hul vierde verjaardag gevier.

Corney Myburgh, hoof van die akademie, sê dat sy in die eerste jaar met slegs een leerder begin en met tien leerders afgesluit het. Die tweede jaar het sy met 20 leerders afgeskop en aan die einde van die jaar was daar 30 leerders. Die jaar daarna het Marlothii met ongeveer 40 leerders afgesluit en tans, in die vierde bestaansjaar, is daar 54 leerders.

Tydens die verjaardagvieringe was daar nie net ballonne in die lug nie, maar ook ʼn feestelike atmosfeer terwyl daar verjaardagkoek en koeldrank geniet is. Die skoolembleem verteenwoordig ʼn wurm en Corney verduidelik dat leerders by Marlothii met gemak hul skoolloopbaan kan voortsit sonder enige stigma of wurmgevoel – om later te ontluik in pragtige skoenlappers.

Marlothii het leerders vanaf graad R tot 12 en die CAT-kurrikulum (Computer Applications Technology) word gevolg met Impaq as diensverskaffer. Daar is vanjaar twee matrikulante.

Corney sê hulle is almal soos een groot familie waar die onderwysers ook ʼn emosionele band met die kinders vorm. Sy sê dit is vir hulle belangrik dat kinders geleer word om uit die boks te leef. Daar word dus nie net aan akademie aandag gegee nie, maar ook aan sosiale vaardighede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.