Gesamentlike atletiekdag

Marlothii Learning Academy, Impaq Tutor Centre het tot lewe gekom na die nood vir ʼn sentrum geïdentifiseer is in Lephalale, waar kinders wat graag deur middel van tuisonderrig hulle skool loopbaan wil voltooi.

Die primêre doelwit van die sentrum is om elke kind te help om sy volle potensiaal te bereik, maak nie saak wat die huislike omstandighede is nie.

Marlothii het die jaar sy tweede atletiekdag gehou waar al die tuisonderrig studente in en om Ellisras genooi is om deel te neem. Die sentrums wat deelgeneem het, was onder andere Hope, Bospatrys en Marlothii. Die sportdag het afgeskop om 08:00 en was ʼn groot sukses.

Elke kind het dit geniet en hulle beste gegee. Marlothii sien uit daarna om almal weer volgende jaar saam by die atletiek te sien.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.