Gimnaste na SA’s

SWARTWATER — Swartwater-gimnastiekklub se vlak 4- en 5-gimnaste het Saterdag 31 Augustus by die Kruiskrag-gimnastiekklub in Thabazimbi aan die Limpopokampioenskappe deelgeneem en almal het die Limpopo-span gehaal.

Die gimnaste, naamlik Nick Jones, Bismarck van Blerk, Reino Jonker, Carla Booyse (almal vlak 4) en Lara van Staden en Zané Janse van Vuuren (vlak 5) gaan gedurende die Septembervakansie aan die Suid-Afrikaanse-kampioenskappe deelneem in Kaapstad.

Yolande Vos (hoofafrigter) en Melissa Gouws (hulpafrigter) wens hulle alle sterkte toe vir die SA’s.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.