Goeie plekke, groot lof — Spur MTB-byeenkoms

1ste plek – Ninke de Klerk en 3de plek – Inge von Rönge (hulle is albei Bossies)

LEPHALALE — Die eerste 2019-Spur MTB-byeenkoms vir skole het Saterdag 13 Julie met groot fanfare by Hoërskool Ellisras afgeskop. Die netjiese skoolterrein, uitdagende baan en samewerking van al die organiseerders het groot lof van vele besoekers gekry.

43 leerders van Hoërskool Ellisras het deelgeneem en sommige van hulle het nog nooit kompeterend fietsgery nie.

EHS het vierde uit 16 hoërskole geëindig en Laerskool Bosveld Primary het verras met 19 inskrywings en ’n algeheel vyfde plek onder laerskole.

Van die presteerders by EHS in hulle onderskeie kategorieë was Menno Glas (4de); Peet Botha (5de); Janco von Rönge (6de); Frans Motshegoa (8ste); Simoné Steenekamp (8ste); Leo-Nell Holmwood (9de) en Klara Grieshaber (10de).

Laerskool Bosveld spog met vier podiumposisies, naamlik Ninke de Klerk (1ste); Albert von Rönge (2de); Inge von Rönge (3de) en Daniel de Klerk (3de).

Afrigter Dawie Grobbelaar is baie tevrede met sy ryers se prestasies.

Die volgende byeenkoms vind te Polokwane plaas op 27 Julie 2019. Massadeelname word weer beplan vir hierdie geleentheid.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.