GPF Bulgerivier se eie sleepwa — gemeenskap bedank

BULGERIVIER — Die lede van die GPF in Bulgerivier het verlede jaar besluit om hulle eie sleepwa te bou vir gebruik tydens padblokkades. In die verlede moes hulle ʼn sleepwa by Vaalwater se GPF leen.

Die gemeenskap van Bulgerivier het saamgestaan en na verskeie ruim donasies en borgskappe kon hulle hul eie waentjie aanmekaarsit.  

Alle individue en instansies wat op watter manier ook al bygedra en dit ʼn werklikheid gemaak het, word van harte bedank.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.