GPF-lede in hof

LEPHALALE — Drie lede van Lephalale se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), waaronder Thys Eloff, voorsitter, het Maandag 3 Desember in die Landdroshof in Lephalale verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer sowel as opsetlike saakbeskadiging.

Hulle is borgtog toegestaan en die saak is uitgestel na 16 Januarie 2019.

Dié hofverskyning spruit uit ʼn voorval Donderdag 29 November toe GPF die polisie bygestaan het met patrollies.

Die saak word tans ondersoek en Mogol Pos sal meer breedvoerig hieroor berig wanneer alle betrokkenes hulle kant van die saak in die hof gestel het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.