Groot reën voorspel brandgevaar

Leoni Kruger
LEPHALALE — Te oordeel aan die hoeveelheid reën wat die afgelope tyd in die Lephalale-area geval het, kan groot brandgevaar vir die komende wintermaande voorspel word, het Nic du Toit, brandrisikobestuurder by Medupi, tydens die Lephalale Gemeenskapsveiligheidforum (LGVF) se vergadering verlede Donderdag gesê.
Du Toit sê grondeienaars moet vroegtydig hulle vuurvegters laat diens om seker te maak dit is in ‘n werkende toestand.
“Dit is belangrik om seker te maak dat alle werkers op plase se vaardighede ontwikkel word betreffende die veg van vure, want dit is noodsaaklik dat alle toerusting in die geval van ‘n vuur tot die maksimum gebruik moet word” sê hy.
Hy het beklemtoon dat voorbereiding vir die droë seisoen eintlik neerkom op die maak van brandpaaie. “Selfs al sny jy net die gras gaan dit al ‘n verskil maak. Dit neem onmiddellik die kapasiteit van die brand weg” verduidelik hy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.