Hardekool vereer kunstenaars

LEPHALALE — Hardekool Akademie het Dinsdagaand 6 Maart hul gewilde onafhanklike “Ghoema-toekennings” vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied.

Dit is in 2016 deur me. Wilna Muller, nou die skoolhoof, in die lewe geroep met die doel om ʼn alomvattende Afrikaanse musiek- en kunstenaarstoekenningsgeleentheid te skep om die beste Suid-Afrikaanse musiektalent te vereer. Mnr Van Deventer was vanjaar se Hoof Uitvoerende Beampte van die Hardekool Ghoematoekennings.

Ds Daan van Wyk van die Hervormde gemeente Ebenhaeser het die verrigtinge met ʼn besielende boodskap geopen waarna die Hardies hul harte onder die sterrehemel uitgedans het op die maat van musiek van Shine 4, Die Campbells, Kurt Darren, Juba, Ampie en Zak van Niekerk.

  • Hardekool-toekennings in die volgende kategorieë is gemaak:
  • Die beste musiekvideo: Die Campbells se “Broertjie Jam”.
  • Beste alternatiewe album: Shine 4 se “Fiesta”.
  • Beste liedjie van die jaar: Juba se “Bosvarkjag”.
  • Gewildste liedjie van die jaar: Kurt Darren se “Cowboys & Crooks”.
  • Publiek se gunsteling manlike kunstenaar: Kurt Darren se “Dans op die tafels”.
  • Beste nuweling van die jaar: Ampie se “Plain Jane”.
  • Beste album deur ʼn duo of groep: As jy sing se “Snak na my asem”.
  • Beste boeremusiekalbum of tradisionele musiekalbum: Zak van Niekerk se “Lekkerkry”.

Hardekool Akademie se leerders het met oorgawe deelgeneem terwyl ouers, grootouers, familie en vriende die aand saam geniet het.

Soos altyd het hulle die aand trots en gepas afgesluit met die immergewilde liedjie van Ricus Nel, “Hardekole”.

Gaan kyk gerus op Mogol Pos se Facebookbladsy vir pragtige foto’s van die “Ghoema-aand”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.