Hardies beloon

Wian Lewies is vanjaar Hardekool Akademie se Dux-leerder

LEPHALALE — Die jaarlikse prysuitdeling van Hardekool Akademie, waartydens leerders toekennings ontvang vir hulle harde werk deur die jaar, is Donderdag 26 Oktober gehou.
Wilna Muller, skoolhoof, het die verwelkoming en bedankings behartig en ds Arno Nieuwhof het die verrigtinge geopen met skriflesing en gebed.
Niel Kriel het namens 2017 se opvoedingsraad en Rachelle Pretorius namens vanjaar se leerlingraad ʼn boodskap oorgedra.
Leerders wat akademiese erekleure ontvang is Rachelle Pretorius, Erisa du Toit, WJ Ellis, Wian Lewies en Helgard Muller.
Die kultuur- en redenaarstrofeë gaan aan Liam Ellis en Wian Lewies vir onderskeidelik junior en senior redenaars en kultuur.
Die nuwe leerlingraad vir 2018 is Wian Lewies (hoofseun), Erisa du Toit (hoofmeisie), WJ Ellis, Geraldine Kriel en Helgard Muller
Wian Lewies word as Dux-leerder vir 2017 aangewys en Marthinus Pretorius ontvang die staatmakerstrofee.
Die junior sportseun en –dogter is Deon de Beer en Eleana Ellis en die senior sportdogter en –seun is Neldri Ellis en Helgard Muller.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.