Hardies by veldskool

LEPHALALE — Die graad 6-leerders van Hardekool Akademie het van 8-14 Oktober ʼn veldskool by TO Strand in Natal bygewoon en hulle sê dit was ʼn onvergeetlike belewenis.
Die aktiwiteite waaraan hulle deelgeneem het is spanbou, probleemoplossing, leierskap, muur-klim, zip-line, kano-uitdagings, vlotbou, boogskiet, teikenskiet, branderplankuitdagings, binnebandry in die see, snorkel en boeresport op die strand.
Die groep het die Wild Waves Waterpark op hulle laaste dag besoek en hulle sê dit was die perfekte afsluiting van ʼn opwindende en leersame week.
Die graad 6-leerders bedank hulle ouers wat hierdie geleentheid vir hulle moontlik gemaak het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.