Hardies deur na Bybelkennisfinaal

LEPHALALE — Graad 4-8-leerders van Hardekool Akademie neem jaarliks deel aan die BCVO-Bybelkennis waar hulle ʼn sekere persentasie moet gehaal om te kwalifiseer vir die tweede rondte wat op 1 Maart gehou is.

Voor v.l.n.r.: Tessa du Toit, Zana Buhrmann en Ilandri Buhrman. Middel: Marthinus Pretorius, Nathan Olivier en Edrei Coetzee en agter: Helgard Muller, Erisa du Toit, Wian Lewies, Geraldine Kriel en Adrian Buhrmann

Leerders met die hoogste punte vanoor die hele land word dan na die finaal uitgenooi wat op 11 Mei in Bloemfontein gehou word.

Die leerders van Hardekool Akademie het baie goed gevaar en Tessa du Toit, Zaba Buhrmann, Ilandri Buhrman, Marthinus Pretorius, Nathan Olivier, Edrei Coetzee, Hergard Muller, Erisa du Toit, Wian Lewies, Geraldine Kriel en Adrian Buhrman kwalifiseer om deel te neem aan die finaal.

Skoolhoof Wilma Muller bedank elke kind wat deelgeneem het en sy wens die leerders wat deurgedring het na die finaal baie geluk. Sy bedank ook vir ds Nieuwhof en Yvette Els vir hulle insette.

“Sterkte aan elke Hardie wat moet voorberei vir die landswye rondte, ons hou duim vas,” sê sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.