Hardus se kudde is koning

Hardus se spogkudde

STEENBOKPAN — Hardus en Vanessa Steenkamp boer op die plaas Doornlaagte naby Steenbokpan, wat vanjaar 100 jaar in die Steenkamps se besit is. Die plaas is deur Hardus se oupa as kroongrond bekom, waarna sy pa, Gerrie Steenkamp, die boerdery voortgesit het, maar ook bekende boorman was. Hardus het die boerdery verder voortgesit en soos ʼn man wat bedrewe is met somme, het hy jare gelede prestasietoetsing op sy teelkudde begin toepas en dit tot sterstatus gedryf.

Vanessa met die finalis Vleissentraal SA Stamboek Elite 2019 Vleisbees-Stoetkudde van die Jaar-toekenning en Hardus met die Landbouweekblad en SA Stamboek Elite-Platinumkoei 2019-toekenning

Volgens Hardus was hy ʼn brahmanteler in murg en been, maar het besluit om na deeglike navorsing oor bouvorm, vrugbaarheid, melkproduksie, gewig en temperament, sy kudde met Beefmasterbulle te kombineer met uitstekende resultate. Die logiese uitvloeisel was om as Beefmasterteler by SA Stamboek te registreer. Aanvanklik het Hardus van ingevoerde saad gebruik gemaak, maar hy gebruik tans plaaslike saad van topgehalte Beefmasterbulle.

SA Stamboek, waarby verskeie rasse geregistreer is, gee jaarliks toekennings in verskeie afdelings asook in samewerking met Landbouweekblad ʼn Elite platinumtoekenning vir die beste produserende koei in ʼn spesifieke ras. In 2018 wen Hardus dié gesogte toekenning vir die Elite Platinumkoeikompetisie. In 2019 wen Hardus wéér die toekenning met die koei HS080134.

ʼn Meesterlike prestasie om die kompetisie twee agtereenvolgende jare te wen! Maar dit is nie al nie, Hardus se Beefmasterkudde behaal goud status by SA Stamboek gedurende 2015 en 2016, brons status in 2017 en in 2018 weer goud status.

Hardus Steenkamp-Beefmasterskudde neem dit vanjaar ʼn stap verder en word deur SA Stamboek aangewys as een van tien dubbelgoudkudde wat kwalifiseer as top-tien-finalis in die Elite-kudde van die Jaar-kompetisie. Die topkudde is op 29 April in Bloemfontein aangewys en die wenner van dié uitsonderlike SA Stamboek-toekenning was Hendrik Meyer van Rhenosterfontein in Limpopo.

Hardus se wenresep om sy kudde te verbeter en te versterk is toewyding met voortdurende navorsing en toetsing. Kontak Hardus gerus by hardus@phumba.co.za of by 083 653 5610 om meer te wete te kom oor die Beefmasterras.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.