Hartlik welkom!

LEPHALALE — Laerskool Ellisras se nuwe skoolhoof, Gustav Grobler en sy gesin, is Vrydagaand 6 Maart tydens ’n spoggeleentheid by die skool verwelkom.

Hy is hartlik welkom geheet deur Francois Drotskie, beheerliggaamvoorsitter van Laerskool Ellisras en Adriaan Joubert, skoolhoof van Hoërskool Ellisras.

Die personeel het die geleentheid gehad om gesellig te verkeer met Gustav se vrou, Retha, en drie van hulle vier seuns.

Grobler het ’n inspirerende groeteboodskap gelewer waarin hy kortliks vertel het hoe die Here deur middel van hulle “Sonneblomstorie”, duidelik bevestig het dat Laerskool Ellisras die plek is waar hy sy volgende legkaart saam met die personeel, ouers en leerders gaan bou.

Dit was treffend hoe liefdevol die gesin mekaar koester en die Rassies sê: “Baie welkom aan die Groblers, ons is opgewonde om hande te vat en stuk-stuk verder aan ons skool se storie te skryf”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.