Help KANSA om ander te help — ondersteun Relay for Life

KANSA Lephalale se Relay for Life (RFL) word Saterdag 7 September van 16:00 tot 24:00 by Mogolklub se rugbyveld gehou.

Registrasiegelde vir spanne beloop R100 per spanlid. Volwasse besoekers betaal R30 per persoon en kinders van 7 tot 14 jaar betaal R20 per kind.
 Die doel van die RfL is ʼn fondsinsameling vir KANSA vir onderrig, sorg en ondersteuning van kankerpasiënte.

Het jy ʼn geliefde verloor as gevolg van kanker? Ondersteun hierdie inisiatief en maak ʼn verskil aan iemand anders se lewe.

Die eerste vyf spanne wat registreer voor 23 Augustus betaal 10% minder vir registrasie.

Skakel Sulette Rich by 082 872 8325 of Nancy van Staden by 072 104 1718 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.